Gustaf VI Adolf van Swede

Gustaf VI Adolf
Koning van Swede
Koning Gustaf VI Adolf, 1962.
Koning Gustaf VI Adolf, 1962.
Bewind 29 Oktober 1950 - 15 September 1973
Voorganger Gustaf V
Opvolger Carl XVI Gustaf
Huis Bernadotte
Eggenote
  • Prinses Margaret van Connaught
  • Lady Louise Mountbatten
Kinders Gustaf Adolf, Sigvard, Ingrid, Bertil, Carl Johan
Vader Gustaf V
Moeder Victoria van Baden
Geboortenaam Oscar Fredrik Wilhelm Olaf Gustaf Adolf
Gebore (1882-11-11)11 November 1882
Stockholm
Oorlede 11 November 1882 (1882-11-11)
Helsingborg

Gustaf VI Adolf (Oscar Fredrik Wilhelm Olaf Gustaf Adolf; 11 November 1882 - 15 September 1973) was van 29 Oktober 1950 tot met sy dood koning van Swede. Hy was die oudste seun van Gustaf V en sy vrou, Victoria van Baden, en was 42 jaar lank kroonprins tydens die bewind van sy vader. Kort voor sy dood het hy die grondwetlike veranderings goedgekeur wat die Sweedse monarg se laaste politieke magte weggeneem het.

Hy was sy lewe lank 'n amateur-argeoloog wat in die besonder geïnteresseerd was in antieke Italiaanse kulture.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy